Isak II Angelos

Isak II Angelos
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Miniatuurskildery van Isak II uit die 15de eeu.
’n Miniatuurskildery van Isak II uit die 15de eeu.
Eerste bewind 12 September 1185 - 8 April 1195
Voorganger Andronikos I Komnenos
Opvolger Alexios III Angelos
Tweede bewind 1 Augustus 1202 - 25 Januarie 1204
Voorganger Alexios III Angelos
Opvolger Alexios V Doukas
Gebore September 1156
Oorlede 25 Januarie 1204 (op 47)
Vrou Irene Palaiologos
Margaret van Hongarye
Vader Andronikos Doukas Angelos
Moeder Euphrosyne Kastamonitissa
Huis Angelos
Godsdiens Oosters-Ortodoks

Isak II Angelos (Grieks: Ἰσαάκιος Β’ Ἄγγελος, Isaakios II Angelos; September 1156 - 25 Januarie 1204) was van 1185 tot 1195 keiser van die Bisantynse Ryk, en weer van 1203 tot 1204.

Sy pa, Andronikos Doukas Angelos, was ’n militêre leier in Klein-Asië wat getroud was met Euphrosyne Kastamonitissa. Andronikos was die seun van Konstantyn Angelos en Theodora Komnene, die jongste dogter van keiser Alexios I Komnenos en Irene Doukaina. Isak was dus lid van die uitgebreide Komnenos-familie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search